Monthly Archives: February 2015

Homeschooling in Die Beeld

Homeschooling in the South African Media Jan-April 2015

BeeldThe following feature on homeschooling has been published in Die Beeld today:

Media24-Sentraal_Beeld 1ste-~25022015~~B1-Beeld

Homeschoolers are called to respond to it by sms or by sending a letter to the editor. Below are some tips and instructions from Leendert van Oostrum published today on tuisonderwys egroup. SMS’s cost R1,50:

Dit is baie belangrik dat tuisskolers nou in groot getalle vir Beeld SMS (aan 45571) en/of skryf (by briewe@beeld.com).

Oorweeg dit om te reageer op EEN VAN die volgende onderwerpe:

1. Rita Niemann se uiters teoretiese idees oor hoe Impak “selfgerigte leer” by kinders kan aanmoedig. Miskien wil jy verduidelik dat EGTE selfgerigte leer nooit aan die hand van ‘n kurrikulum soos CAPS gedoen kan word nie – en dat Impak slaafs verbonde is aan CAPS. Getuig daarvan hoe kinders VAN NATURE self leer as mens net uit hulle pad uit kom met al JOU programme en idees oor wat en hoe die kind moet leer.

Of miskien wil jy die een en ander verduidelik oor die fout wat baie ouers (en alle programverskaffers soos Impak) maak as hulle fokus op wat die OUER (of die program) moet doen, in plaas van op wat DIE KIND op ‘n gegewe dag en tyd gereed en gretig is om te leer. Op die fout wat ons maak wanner ons die kind se aangebore drang en vermoĆ« om self te leer belemmer deur in die pad daarvan te kom staan met ons duur programme wat uitgewerk is deur mense wat nie eens die kind ken nie.

2. Vertel hoekom jy nie jou kind by die onderwysdepartement geregistreer het nie – verduidelik die afbrekende gevolge daarvan as arrogante amptenare inbreuk maak op jou onderwys, of as hulle hul vooropgesette idees oor wat die beste vir jou kind is en hul onwettige prosedures op jou kind afdwing. Vra gerus op Beeld se “regskenners” die wydverspreide magsvergrype van die amptenary in berkening gebring het vooradt hulle koerantadvies gee oor wat ouers moet doen.

3. Vertel hoekom jy jou kind uit die skool geneem het – hierdie is jou kans om al die gruverhale van fisiese, seksuele, sielkundige en emosionele mishandeling, boeliery, vernedering, en opvoedkundige verwaarlosing op die lappe te bring. dit is jou kans om te vertel hoe die stelsel heeltemal ongevoelig is en niks doen aan hierdie sake nie. Dan kan mens vra of Beeld se “regskenners” meen dat ouers dieselfde amptenare wat vir die booshede in die skole verantwoordelik is mag toelaat om in te meng met die tuisonderwys van hul kinders.

Onthou, as jy vir koerante skryf:

1. SLEGS EEN ONDERWERP PER BRIEF.
2. MAKSIMUM 300 WOORDE (vir Afrikaanse koerante – 250 vir Engelse koerante). As jy meer as dit skryf, sny hulle jou brief, en gewoonlik sny hulle juis daardie dele wat jy as die belangrikste beskou.
3. Kort, eenvoudige sinne met een werkwoord per sin.
4. Probeer begin met ‘n BAIE kort kompliment of dankwoord aan die koerant of aan die joernalis op wie se berig jy reageer – regtig net enkele woorde, soos: Dankie vir Beeld se goeie artikel oor…. of “Ek verwys na Eppy Strydom se goed-nagevorsde berig oor…..”
5. VERSKAF ALTYD a) JOU NAAM, b) POSADRES EN c) TELEFOONNOMMER onderaan die brief, ook wanneer jy per e-pos skryf.

Moenie hierdie kans laat verbygaan nie.

Groete, Leendert

(moet nooit meer as een onderwerp in ‘n koerantbrief aanspreek nie)